EGSKEIDINGSBEMIDDELING: VRAE EN ANTWOORDE.
Wanneer kan met die regsproses van 'n egskeiding begin word?
- Daar moet sekerheid bestaan dat die huwelik verbrokkel het.
- 'n Poging om die verhouding te herstel moes aangewend gewees het.
- Vir beide of een van die partye moet egskeiding die enigste uitweg wees. Dit is egter moontlik om partye wat in konflik verkeer tot wedersydse aanvaarbare resultate te laat instem wat tot 'n meer effektiewe kommunikasie en verhouding mag lei - waardeur 'n baie duur besluit ten opsigte van 'n huwelik afgeweer mag word!
Wat is egskeidingsbemiddeling?
Ten einde geskille tussen twee partye op te los tree die onpartydige bemiddelaar as 'n tussenganger op. Die bemiddelaar help die partye om vas te stel presies watter kwessies vir hulle belangrik is om oor te onderhandel en verleen dan kundige leiding om hulle tot gesamentlike instemming van die oplossings daarvan te bring. Partye word dus deur die progressiewe bydrae van leiding, ondersteuning en beskerming wat noodsaaklik is vir die neem van geskikte en verstandige besluite, gehelp om met waardigheid te skei. Die sistematiese benadering tot feite en uiteensettings van bedoelings, vervat in 'n ooreenkoms, vorm na aanvaarding deur beide partye die basis van 'n onbetwisde egskeiding. 'n Skikkingsakte word saam met die aansoek om egskeiding by die Gesinshof ingedien. Dit is die Verstandige, Bekostigbare Alternatief vir 'n uitgerekte hofgeding en duur regskostes. Egskeidingsbemiddeling is 'n proses waardeur 'n huwelik of vennootskap op 'n onbetwisde wyse ontbind word, terwyl die partye 'n kompromie vind wat albei pas. Bemiddeling is vinniger, makliker en baie goedkoper as prosedering. Watter geskille kan deur bemiddeling hanteer word? Feitlik enige geskil kan deur bemiddeling tot 'n geskikte instemming deur beide partye gebring word. Die bemiddelingsproses laat partye toe om eerlik, sorgsaam, meedelend, nederig en kreatief op te tree en moedig vergewensgesindheid en versoening aan. Wanneer daar egter bestaande misbruik van een of ander middel is wat die onderhandelingsvermoens van een of beide partye beinvloed, of wanneer liggaamlike gewelddadigheid in so 'n mate voorkom dat dit 'n onhanteerbare wanbalans tussen die partye veroorsaak, word bemiddeling nie aanbeveel nie. Die bemiddelingsproses kan vir vervreemding, egskeiding en vir enige geskille na egskeiding aangewend word. Waarom is dit nodig om 'n bemiddelaar te gebruik? Seker die belangrikste oorsaak van egskeidings is gebrekkige kommunikasie. 'n Gebrek aan kommunikasie waaraan nie aandag gegee word nie lei dikwels tot 'n gebrek aan respek. 'n Gebrek aan respek lei daarna tot een of meer van die talle lelike dinge wat as oorsake vir egskeidings aangebied word. Wanneer twee partye in geskil is met mekaar is dit baie moeilik om regstreeks en doeltreffend met mekaar te kommunikeer. Ten spyte van die feit dat die mens met twee ore en een mond geskape is, is dit steeds baie makliker om te praat as om te luister. Wanneer die een party dus regstreeks met die ander party kommunikeer vind die ander party dit moeilik om te luister en veroorsaak die konflik dat die tweede persoon nie luister nie, maar besig is om te dink watter argumente volgende geopper kan word. Konflik veroorsaak dat ou wonde oopgekrap word en vind gesprekke in siklusse plaas. Die eenvoudigste bespreking kan tot woedende uitbarstings lei. Die bemiddelaar is 'n tussenganger wie professioneel herwinning van ou geskille voorkom en toesien dat meer sorg aan die toekoms as die verlede gewy word. Die bemiddelaar stel die partye in staat om op die bestaande geskille te fokus en om kreatief na nuwe keuses vir die hantering van die toekoms te soek. Die partye word gehelp om hierdie keuses deeglik te bespreek om seker te maak dat dit realisties in die praktyk in werking gestel kan word. Die bemiddelaar is 'n geduldige aanhoorder en beskik oor die vermoens om die regte vrae op die regte tyd te stel. Hy benader bedoelings sistematies en hanteer die bemiddelingsproses onpartydig en doelgerig. Hy lei die partye om in die toekoms hul geskille konstruktief aan te spreek. Wat gebeur gedurende die bemiddelingsproses?Do all the good you can
By all the means you can
In all the ways you can
In all the places you can
At all the times you can
To all the people you can
As long as ever you can! John Wesley 1703-1791.